Twee rustieke lokale vir ‘n jolige geleentheid: Die Stoor bevat 50 tot 80 gaste, terwyl Die Buite Stoor 120 tot 250 gaste kan akkommodeer. Beide lokale straal ‘n warm, gesellige atmosfeer uit, ideaal vir enige spesiale geleentheid.
'n Pragtige Kapel
Ons pragtige kapel bied die ideale plek vir ‘n romantiese en onvergeetlike seremonie. Met sy rustieke bekoring en serene atmosfeer, skep dit ‘n perfekte omgewing waar paartjies hul geloftes kan aflê te midde van die natuurlike skoonheid.
Dekor
Ons bied ook ‘n verskeidenheid dekor aan om jou geleentheid ekstra spesiaal te maak.
Algemene decor soos tafeldek en blomme
Vol of halfbaan drapering met fairy lights
Vlaggies en fairy lights
Gelisensieerde Kontantkroeg
Ons het ook ‘n gelisensieerde kontantkroeg wat ‘n verskeidenheid verfrissende drankies bedien, wat bydra tot ‘n onvergeetlike ervaring vir jou en jou gaste.
Smullekker Spyseniering
Ons bied heerlikke spyseniering wat jou gaste sal bederf met heerlike disse, sorgvuldig voorberei om elke ete ‘n fees vir die sintuie te maak.
Kinder Oppasser
Ons bied ook ‘n kinder oppasser diens aan, sodat die kleingoed veilig en vermaak is terwyl jy jou geleentheid geniet.
Donkiekar
Ons het ‘n donkiekar beskikbaar vir ‘n unieke en nostalgiese rit, wat bydra tot die rustieke bekoring van jou geleentheid.
Honeymoon Suite
Ons pragtige Honeymoon Suite sluit sjampanje en spesiale versierings in om jou eerste nag as pasgetroudes onvergeetlik te maak.
Besonderse, Unieke Verblyf
Ons bied besonderse, unieke oornagse verblyf aan, insluitend oulike shacks, silo’s, ‘n ou skoolbus en bulstalle, wat elkeen ‘n onvergeetlike ervaring voorsien.
Kinderpartytjies en Plaas Pret
Ons reël ook kinderpartytjies en plaaspret, met aktiwiteite wat die kleingoed vermaak en die hele gesin sal geniet.